








MEER OOR ONS
King Chicken is ’n plaaslike Bredasdorp takeaway vir mense wat lekker kos wil hê sonder onnodige fieterjasies. Ons fokus op vars voorbereide kos, vriendelike diens en goeie waarde — die soort ete wat voel soos money well spent.
Ons is nie ’n groot corporate chain nie — en ons wil ook nie een wees nie. King Chicken is plaaslik, persoonlik en eenvoudig: iets warms vir middagete, ’n vinnige takeaway, of ’n treat wanneer jy net lus is vir iets lekker.
NEIL STRAUSS — EIENAAR
Agter King Chicken staan eienaar Neil Strauss. Hy beskryf homself as iemand wat van kleins af “besig en baie besig” was — en daardie energie bring hy vandag steeds na King Chicken.
Wanneer hy nie by King Chicken besig is nie, oefen hy graag, maak hy iets om te eet en geniet hy sport en afstandbeheerd vliegtuie.
En sy eie King Chicken-gunsteling? Die Chicken-Chip Roll.
BESOEK OF BESTEL
Kom maak ’n draai by King Chicken in Plein Street, Bredasdorp, of stuur ons ’n WhatsApp om jou bestelling te plaas.
Ons lewer gedurende gewone besigheidsure in Bredasdorp af teen R25 per aflewering.
WAAR OM ONS TE KRY
Duskant Superspar, Overberg Sentrum
Bredasdorp, 7280